My Pappa Ry 'n Chevrolet

My pappa ry ‘n Chevrolet
My sussie wil so graag net ‘n Springbok vry
En my mamma kry hot flashes
My sussie dra vals lashes in die aand
My pappa sê ons maak ons eie soapy
Dis die family blues

My pappa ry ‘n Chevrolet
My sussie wil so graag in ‘n townhouse bly
En my mamma sweet die heeltyd
Sy sê sy dink sy het ‘n nuwe vriend
Sy weet nie maar sy dink sy naam is meno
Menopause

En al is die lewe hard is ons almal goeie mense in ons harte (Harte)
En al dra my sussie lipstick om die wêreld te impress het sy ook drome (Drome)
En al sit my pappa heeldag met ‘n brandewyn en coke en kyk net rugby (Rugby)
Soek my mamma weer die sin van die lewe
Dis die family blues

My pappa ry ‘n Chevrolet
My sussie wil ‘n rol op die TV kry
En my mamma sê haar ligaam
Haar ligaam is nie meer haar ligaam nie
Sy lees maar oor hot flashes
In ‘n fashion magazine

My pappa ry ‘n Chevrolet
My sussie wil so graag met ‘n Idol vry
En my mamma sê die lewe
Is net ‘n gejagery
Waar is al ons drome?
Soveel jare reeds verby

En al is die lewe hard is ons almal goeie mense in ons harte (Harte)
En al dra my sussie lipstick om die wêreld te impress het sy ook drome (Drome)
En al sit my pappa heeldag met ‘n brandewyn en coke en kyk net rugby (Rugby)
Soek my mamma weer die sin van die lewe
Dis die family blues

My pappa ry ‘n Chevrolet
My sussie will tattoos bo haar boudjies kry
En my mamma sweet in liters
Sy sê sy dink dis neusie verby
My pappa sê ons maak ons eie movie
Dis die menopause blues

En al is die lewe hard is ons almal goeie mense in ons harte (Harte)
En al dra my sussie lipstick om die wêreld te impress het sy ook drome (Drome)
En al sit my pappa heeldag met ‘n brandewyn en coke en kyk net rugby (Rugby)
Soek my mamma weer die sin van die lewe
Dis die family blues

Curiosidades sobre la música My Pappa Ry 'n Chevrolet del Jak de Priester

¿Cuándo fue lanzada la canción “My Pappa Ry 'n Chevrolet” por Jak de Priester?
La canción My Pappa Ry 'n Chevrolet fue lanzada en 2015, en el álbum “Ek Reis na Gister”.

Músicas más populares de Jak de Priester

Otros artistas de Afrikaans