Die Hoenderboer
Eintlik was hy ‘n hoender boer
Met ‘n snorretjie en ‘n baard
Die hoenders was soos sy kinders
En hy was bitterlief vir sy plaas
Maar snags word hy ‘n musikant
Kon die klavier speel met sy hart
Dan word die wêreld net al hoe stiller
Dan word sy hande, sy hande word sy hart
Hoenderboer speel nog ‘n melody op jou swart trekklavier
Speel vir ons ‘n meesterstuk op daai mooi vleuel klavier
Maak my nog net een keer happy op jou honky-tonk manier
Jy maak liefde met jou melodies
Jy maak die wêreld ‘n mooier plek met jou klavier
Hy was ‘n groot man met ‘n groot hart
Wat ‘n orrel kon laat dreun
Hy was ‘n sterk man met ‘n sagte hart
Wat die wêreld net wou seën
Want snags word hy ‘n Rockstar voor sy honky-tonk klavier
Dan word die wêreld net al hoe stiller
Dan word sy hande en sy hart ‘n vleuel klavier
Hoenderboer speel nog ‘n melody op jou swart trekklavier
Speel vir ons ‘n meesterstuk op daai mooi vleuel klavier
Maak my nog net een keer happy op jou honky-tonk manier
Jy maak liefde met jou melodies
Jy maak die wêreld ‘n mooier plek met jou klavier
Dalk in die hêmel sal jy ‘n koor begelei
Vir Freddie of Whitney Houston of aan Amy Winehouse se sy
Maar jou melodies is nou my trane
En jou klavier is nou my trots
Want ek mis jou hier aan my regterkant
Vir jou en jou klavier dit was my rots