Die Heel Eerste Dans
Ek sien jou weer glimlag
Uit die Hemel vir my
Hier op aarde is alles dieselfde
Maar jou hart is vry
In jou oë sien ek sterre
En jou liggaam’s weer mooi
Jy’t jou gunsteling rok aan
Jy lyk stunning in rooi
En dis die heel eerste dans in die Hemel vanaand
Ja die heel eerste dans jy kan vat aan sy hand
En jy kyk weer so diep in sy oë vanaand
Die musiek speel so mooi so mooi vanaand

Soveel jare gewag op hierdie oomblik vanaand
En hy gee jou sy hand die musiek begin speel
Want dis die heel eerste dans
Jy het vertel van die liefde
Jy het dit eenkeer gevind
Julle het altyd gedans ja gedans deur die huis
Jy’t gevoel soos ‘n kind
Maar die liefde was kort geknip op hierdie aarde
En jy moes alleen bly dans om die vuur
En na al die jare se wag en verlange is die oomblik nou hier
En dis die heel eerste dans in die Hemel vanaand
Ja die heel eerste dans jy kan vat aan sy hand
En jy kyk weer so diep in sy oë vanaand
Die musiek speel so mooi so mooi vanaand
En dis die heel eerste dans in die Hemel vanaand
Soveel jare gewag op hierdie oomblik vanaand
En hy gee jou sy hand die musiek begin speel
Want dis die heel eerste dans
Jy’t gesê my kind eendag as mens die aarde velaat
Kan jy niks met jou saam neem nie want dan’s dit te laat
So sorg dat jou skate in jou hart is my kind
Maak jou los van die wêreld dan sal jy vrede vind
En dis die heel eerste dans in die Hemel vanaand
Ja die heel eerste dans jy kan vat aan sy hand
En jy kyk weer so diep in sy oë vanaand
Die musiek speel so mooi so mooi vanaand
En dis die heel eerste dans in die Hemel vanaand
Soveel jare gewag op hierdie oomblik vanaand
En hy gee jou sy hand die musiek begin speel
Want dis die heel eerste dans
Hy gee jou sy hand die musiek begin speel
Want dis die heel eerste dans