Sing

As ek na jou kyk sien ek 'n lig
As ek na jou kyk word ek vol, voller want jy loop oor
Jy weet van gee en elke tree
Jy bou op wat hierdie wêreld breek

As jy na my kyk voel ek lig
En ek sien hoe dit lyk deur jou, oopgeloof, genade
Jy weet van gee en elke tree
Jy maak heel as hierdie wêreld seer

Want ek wil sing, sing sodat jy weet daar's niemand wat aan jou kan meet
Ek wil sing, sing om jou te sê waar jou woorde in ons lê, ek wil sing om jou te sê

As ek by jou is voel ek beter oor myself
Jy draai nooit jou rug op my, jy gee eerder as om te kry
Jy weet van gee en elke tree
Jy maak heel as hierdie wêreld seer

Want ek wil sing, sing sodat jy weet daar's niemand wat aan jou kan meet
Ek wil sing, sing om jou te sê waar jou woorde in ons lê, ek wil sing om jou te sê

Hoe kan ek anders dankie sê, hoe kan ek anders dankie sê vir jou?

Want ek wil sing, sing sodat jy weet daar's niemand wat aan jou kan meet
Ek wil sing, sing om jou te sê waar jou woorde in ons lê, ek wil sing om jou te sê

Ek wil sing om jou te sê
Ek wil sing om jou te sê
Ek wil sing om jou te sê

Músicas más populares de Irene-Louise Van Wyk

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)