Goudstad

By die Goudstad loop ‘n teerpad
Met jou toring wat troon teen die blou
Die motors raak al grooter
Net soos my liefde vir jou

In die linkerbaan staan ‘n laaitie
Met ‘n rugsak wat ruik na die myn
Hy wil raak daaraan maar hy weet nie
My kitaar skree self van die pyn

Want ek wil hoor van jou
Jou stem in my kombie onthou
En jy wil self verder gaan
Hou maar jou trou

Want ek wil hoor van jou
Jou hart in my hande toe vou
En soos die wind voor my waai
Maak jy jou draai dis al wat ek het van jou

Elke airport is ‘n resort
Vol mense wat jaag om te wag
Hul boeke is vol boodskappe
Wat verkondig die lewe’s te kort

Op die aanloopbaan ry ek somtyds saam
Maar daar's niemand om na toe te gaan
My seatbelt is my tuiste
En die ou oom langs my verstaan

Dat ek wil hoor van jou
Jou stem in my kombie onthou
En jy wil self verder gaan
Hou maar jou trou

Want ek wil hoor van jou
Jou hart in my hande toe vou
En soos die wind voor my waai
Maak jy jou draai dis al wat ek het van jou

Pak jou tasse, jou matrasse
En gooi duim tot hier in die Kaap
Ons vergeet als, ons bly wels
Jou drome kom terug as jy slaap

Ons kan wyn drink, aan mekaar dink
Maar dis hoe dit was nou’s dit klaar
In blou water raak ons beter
Vergewe, verkyk en vergaan

Want ek wil hoor van jou
Jou stem in my kombie onthou
En jy wil self verder gaan
Hou maar jou trou

Want ek wil hoor van jou
Jou hart in my hande toe vou
En soos die wind voor my waai
Maak jy jou draai dis al wat ek het van jou
Het van jou
Het van jou

Músicas más populares de Hugo

Otros artistas de Sertanejo