Dierbaar Suid Afrika
Land van die vaders, land van vrome trekkers
Jy is ons dure pand, ons geliefde Vaderland
Jou dien met al ons vlyt, jou beskerm in sware stryd
Dierbaar Suid-Afrika
Gee ons die manne rein in al hul wandel
Manne met Trekkersbloed, trou in al hul handel
Dan is ons onbevrees, sal ons toekoms veilig wees
Dierbaar Suid-Afrika
Gee ons die vroue, eerbaar in hul wandel
Vroue met Trekkersmoed, rein in al hul handel
Dan bly ons roem bewaar, dan ook bly ons volk gespaar
Dierbaar Suid-Afrika