Sal Jy Vir My Wag
Die lewe se draaie maak anders met my
En soms voel dit of dit my onder gaan kry
Ons sou dit dalk so anders wou gehad het
Jy was die sterker, het vir ons baklei
En ek was jou anker, by my wou jy bly
Saam was ons twee onbreekbaar in geloof
Sal jy vir my wag, solank as dit moet?
Sal jy getrou op my koms wag soos ons trou dag?
Nooit as te nimmer kan ek jou vergeet
Liefling wees sterk in die dae, ek's vir jou so lief
Soms gaan dit moeilik om stande te bly
Laat in die aande dan vang dit vir my
Weet dat ek jou bo alles lief gehad het
Ek kyk na ou fotos, jy glimlag vir my
Geld kan nie koop die gevoel wat ek kry
En ek weet jy is vanaand hier naby my