Treurende Hart
Waar is die dae?
Reeds lank verby
Waar is die liefde van jou en van my?
Treurende hart
Diep is my smart
Groot was my liefde vir jou
Toe jy my verlaat het
My hart gebreek het
Was daar geen vreugde meer
Maar alles verander
Jy is nou jammer
Ek behoort nou aan 'n ander
Ek was gediend
Te wees soos 'n vriend
Maar vriendskap was nie vir jou
Jy was nie trou
My liefde is nie meer vir jou
Ek behoort nou aan 'n ander