Die Jare Gaan Verby

In die vale beeld van die verlede
Bly net een gedagte oor van jou
Blydskap van twee om verliefde harte
Alles mooi aan ons kon toevertrou

Die jare gaan verby, nogsteeds bly ek en jy soos wandelaars wat nêrens heen wil gaan
Die lewe moes ons leer
Dat wat ook sou gebeur
Ons liefde slegs in drome kon bestaan

In die eerste dae van ons liefde
Toe ons drome lugkastele bou
Toe vra jy of ek soms ook heimlik wonder
Wat die toekoms vir ons twee sal hou?

Die jare gaan verby, nogsteeds bly ek en jy soos wandelaars wat nêrens heen wil gaan
Die lewe moes ons leer
Dat wat ook sou gebeur
Ons liefde slegs in drome kan bestaan

As dit eensaam word en ek verlang weer
Kom herinneringe terug van jou
Dis my troos dat ons ook eens kon liefhê
Mooiste wat ons altyd kan onthou

Die jare gaan verby, nogsteeds bly ek en jy soos wandelaars wat nêrens heen wil gaan
Die lewe moes ons leer
Dat wat ook sou gebeur
Ons liefde slegs in drome kan bestaan

Músicas más populares de Gene Rockwell

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)