1000 Soene
Dit was geen toeval meer toe ek jou sien die keer die dag daar by die straatkafee
Jy kyk my laggend aan toe ek jou daar sien staan ek nooi jou vir 'n koppie tee
Toe ek in jou oë kyk, raak ek skoon van stryk, my kop raak sommer deurmekaar
Dit was my mooiste dag toe jy vir my glimlag van toe af bymekaar
Met elke roos gee ek jou duisend soene
Jou glimlag gee meer warmte as die son
Geen uur wil ek nog sonder jou bly lewe
Die jare deur is jy my lewensbron
Geen dag meer sonder jou, dit is wat ek graag wou in liefde wat nog altyd groei
Dit is wat jy my gee en diep hier in my leef, dis soos 'n roos wat altyd bloei
Jy is so mooi vir my, jy maak my hart so bly in liefde altyd eg en waar
Dit was my mooiste dag toe jy vir my glimlag van toe af bymekaar
Met elke roos gee ek jou duisend soene
Jou glimlag gee meer warmte as die son
Geen uur wil ek nog sonder jou bly lewe
Die jare deur is jy my lewensbron
Met elke roos gee ek jou duisend soene
Jou glimlag gee meer warmte as die son
Geen uur wil ek nog sonder jou bly lewe
Die jare deur is jy my lewensbron
Die jare deur is jy my lewensbron