Toktokkie
Die tafel is gedek
Die glase mooi uitgevee
'n Ete vir ons twee
Die tyd stap aan
Dis jy wat dit wou reël
Jy wou iets met kom deel
Net soos ek dink jy's hier
Is jy al klaar weer weg
Ek kan nie meer so aangaan nie
Ek is klaar geveg
Jy speel toktokkie
Met my hart
Jy klop klop
En hou net op
Toktokkie
Met my hart vanaand
Jy speel toktokkie
met my hart
Jy loop, loop
Jy gee vals hoop
Toktokkie
Met my hart
Wies daar?
Ek dink ons 2 is klaar
Ek het meer verwag
Ek weet nie hoe ek jou kon glo
Jy is nog altyd so
Jy't gesê jy hou van my
Dit was seker weer 'n leuen
Daar is weer 'n ander een
Ek het gedink ons toekoms lê nog blink voor ons uitgestrek
Maar jy het niks verander nie met tyd sou dit nie beter gaan
Maar ek kan steeds nie verstaan