Ek Kan Nie Ophou Kyk
Ek ken jou al jare
Het nooit regtig gepraat
As jy naby kom raak jy aan my hart
Oor die muur by jou kamer
Uit my venster uit gekyk
Om te sien as jy uitgaan hoe jy lyk
Maar vanaand toe ek opkyk by die trap
Kom jy na my toe aangestap
Ek kan nie ophou kyk
Na hoe jy lyk
Ek wil nie hê jy moet weet
Hoe dit aan my vreet
Wat ek voel vir jou
Is daar dalk nog hoop
Om ‘n pad saam te loop
Of is jy te goed vir my
Raak ek verniet so bly
As ek jou weer sien
Is ek wat jy verdien
Jy sit alleen by die tafel
Ek dog nou is my kans
Om te hoor of jy met my sal dans
Ek dink wat ek gaan sê
Skraap my moed bymekaar
Want as jy vir my kyk bloos ek al klaar (Klaar, klaar)
Ek loop om te hoor of jy sal
Toe ek oor my eie voete val
Ek kan nie ophou kyk
Na hoe jy lyk
Ek wil nie hê jy moet weet
Hoe dit aan my vreet
Wat ek voel vir jou
Is daar dalk nog hoop
Om ‘n pad saam te loop
Of is jy te goed vir my
Raak ek verniet so bly
As ek jou weer sien
Is ek wat jy verdien
Is ek wat jy verdien
Ek kan nie ophou kyk
Na hoe jy lyk
Ek wil nie hê jy moet weet
Hoe dit aan my vreet
Wat ek voel vir jou
Is daar dalk nog hoop
Om ‘n pad saam te loop
Of is jy te goed vir my
Raak ek verniet so bly
As ek jou weer sien
Ek kan nie ophou kyk
Of is jy te goed vir my
Raak ek verniet so bly
As ek jou weer sien
Is ek wat jy verdien