Stille Waters

Jy’t gesê ons liefde sal bly staan
Al tuimel al die berge in die oseaan
Doen vir my ‘n gunsie
Voor jy gaan
Gooi vir my ‘n klippie ‘n klippie in die oseaan

Wie sal ooit die liefde
Kan verstaan
Nader as ‘n hartklop en verder as die maan
Daar is ‘n tyd van kom
En ‘n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar hoe sal ek dit ooit verstaan

En kyk hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters, diepe grond
Onder draai die duiwel onder draai die duiwel rond

Miskien is liefde net ‘n
'n Fantasie
Dis nie altyd maanskyn en rose nie
Jy was vir ‘n rukkie
Aan my sy
Was jy net ‘n bietjie net ‘n bietjie lief vir my

Miskien is daar ‘n plek vir ons twee saam
Anderkant die berge hoe val die maan
En as die maan weer opkom
Sal ek onthou
Ek was vir ‘n rukkie ook ‘n bietjie lief vir jou

En kyk hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters, diepe grond
Onder draai die duiwel onder draai die duiwel rond

Stille waters, diepe grond
Onder draai die duiwel onder draai die duiwel rond

Músicas más populares de Elvis Blue

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)