Dromer

Ek is 'n dromer daar is plekke waar heen ek nog wil gaan
Ek's 'n trein op 'n spoor 'n planeet op 'n wentelbaan
Hey ek's net 'n mens ek het al droog gemaak en daar's voute in my verlede
Ek is soms vol twyfel en altyd vol gebede

Ons almal hier soos branders op reis na die kus
Verwaai deur die wind vol drome van herinnerings
Ek wil myself uitstort in die son se gloed
Op 'n warm strand eindig met 'n stil gemoed

Die lewe staan nie stil nie die lyne om my oë vertel die waarheid
Groot wees is moeilik my jong dae is verby
Ek voel soms alleen elke een van ons het ons eie storie
Alleen in 'n kamer kom die waarheid te naby

Ons almal hier soos branders op reis na die kus
Verwaai deur die wind vol drome van herinnerings
Ek wil myself uitstort in die son se gloed
Op 'n warm strand eindig met 'n stil gemoed

En ek wonder soms net soos jy
Waar my einde my sal kry?
Maar vrae is mos vry vir die dromer binne my

Ek wil myself uitstort in die son se gloed
Op 'n warm strand eindig met 'n stil gemoed
Op 'n warm strand eindig met 'n stil gemoed

Curiosidades sobre la música Dromer del Elvis Blue

¿Cuándo fue lanzada la canción “Dromer” por Elvis Blue?
La canción Dromer fue lanzada en 2013, en el álbum “Afrikaans”.

Músicas más populares de Elvis Blue

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)