Bosveld Bul
In Rustenburg se wêreld woon ou Jan van Till
Oral bekend as die Bosveld Bul
So sterk soos 'n leeu, en so groot soos 'n os
Die hare staan soos doringdraad op sy bors
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
Skeer met 'n blaasvlam, hy's gemaak van staal
Eet 'n blikkie sardynties met die blikkie en al
Hy loop 'n honderd myl, hy word nooit moeg
Dan teken hy sy naam, met 'n eenskaar ploeg
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
Sit knoffel in sy sokkies om sy snor te laat krul
Dan borsel hy sy tande met 'n chlorofil
Breed van skouers, staan ses-voet-vyf
Die ladies sê hy het ou Tarzan se lyf
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
Loop hy af die straat, staan die nooientjies stil
Hulle is so lief vir ou Jan van Till
Mans steek hul vrouens weg, en staan by die deur
As hulle Jannie sien, kan niks hulle keer
Jan, Jan, Jan, die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
Oral bekend in die ou Transvaal
Oral bekend in die ou Transvaal