Wilder as Die Wildtuin
Daar word gewoonlik slegs twee benodig
Daar word gewoonlik slegs twee benodig
Daar's 'n pols wat kan ontplof
Wanneer laas halsoorkop
'n Hartaanval vol domkrag, 'n kop wat stop
'n Kop wat stop
Kom ons raak wilder as die wildtuin
'n Stokou klipharde geraas
'n Vuurpyl wat die mensdom rond en bont jaag
Kom ons raak wilder as die wildtuin
Wilder as die wildtuin
Skep jou asem totaal en al lendelam
Wilder as die wildtuin
Maak liewer jou oë toe
Daar is geen diamante in my hande nie
Dit wat daar is in oorvloed
'n Ongemaklike situasie
Ons kan vir ewig eerder
Onsself verbeel
Ons kan vir ewig eerder
Dieselfde speletjie speel
Want hierdie is nie perde koop nie
Dis nie perde koop hierdie nie
Hierdie is nie perde koop nie
Dis nie perde koop nie
Kom ons raak wilder as die wildtuin
'n Stokou klipharde geraas
'n Vuurpyl wat die mensdom rond en bont jaag
Kom ons raak wilder as die wildtuin
Wilder as die wildtuin
Skep jou asem totaal en al lendelam
Wilder as die wildtuin
Daar word gewoonlik slegs twee benodig
Daar word gewoonlik slegs twee benodig
Want hierdie is nie perde koop nie
Dis nie perde koop hierdie nie
Kom ons raak wilder as die wildtuin
'n Stokou klipharde geraas
'n Vuurpyl wat die mensdom rond en bont jaag
Kom ons raak wilder as die wildtuin
Wilder as die wildtuin
Skep jou asem totaal en al lendelam
Wilder as die wildtuin