Saturnus
Ek is so bang jy vergeet my
Hoe het die uurglas so leeg geraak
Hoe het die mure ons verlaat
En ingevou
Jy dra al my klere
En dit lyk soveel mooier aan jou
Beskerm jou teen die koue nou
Die diepste blou
Als wat jy kort
Is nog altyd hier
Ek sweer
Maar watookal jy kies
Ek sal jou ondersteun
Dis nie die pad nie
Maar hoe jy daar uitkom
Skenk al jou hoop
Dat ons eendag hier uitkom
Ons val deur jare se maanlig
Gaan jy als onthou
Elke dag meer en meer
Sien ek myself in jou
Jou gees gebind aan
Saturnus
En ek aan jou
Maar hoe gaan ek by jou uitkom
Hoe gaan ek hier uitkom
Ek verbeel my
Of hoe het die wêreld stil gestaan
Hoe het ek my jeurg verruil
Vir chemiese wanbalans
Maar jy weet hoe ek dinge sien
Siniese denkery
Het my lewe my versien
Het ek hierdie lewe verdien?
Als wat jy kort
Is nog altyd hier
Ek sweer
Maar watookal jy kies
Ek sal jou ondersteun
Dis nie die pad nie
Maar hoe jy daar uitkom
Skenk al jou hoop
Dat ons eendag hier uitkom
Ons val deur jare se maanlig
Gaan jy als onthou
Elke dag meer en meer
Sien ek myself in jou
Jou gees gebind aan
Saturnus
En ek aan jou
Maar hoe gaan ek by jou uitkom
Hoe gaan ek hier uitkom
Wit ferrari
Oorfoon meditasie
Die popelierbos
Dis nie nou meer lank nie