Rofstoeigreep

Kan ons hierdie ding doen
Kyk hoe dit voel
Gee jou oogknip hier
Of gee jy nie werklik om nie

Kan ons hierdie ding doen vir 'n rukkie
Kyk hoe dit voel
Gee jou oogknip hier
Of gee jy nie werklik om nie
Of gee jy nie werklik om nie

Kan jy hierdie dier se hartsnare kielie, en kyk hoe dit voel
Verskriklik versigtig, ongeskik maar

Hoe ookal, ek was opgesweep in 'n koue sweet, emosionele parapleeg
Romanties analfabeet in 'n rofstoeigreep
Dis skokkend hoe ons almal drom om 'n ongelukstoneel
Romanties analfabeet in 'n koue sweet

Kan ons hierdie brein spoel
Kan ons hierdie brein spoel vir 'n rukkie en kyk hoe dit dan voel
Onder die kraan hou en wag vir al die sondes om af te was
Al my sondes om af te was, gee jou oogknip hier
Of sien jy nie regtig kans nie
Of gee jy nie werklik om nie

Hoe ookal, ek was opgesweep in 'n koue sweet, emosionele parapleeg
Romanties analfabeet in 'n rofstoeigreep
Dis skokkend hoe ons almal drom om 'n ongelukstoneel
Romanties analfabeet in 'n koue sweet

Ek is die ongeluk waarvan ek vroeër
Al gepraat het
Ek is die ongeluk waarvan ek vroeër
Al gepraat het
Ek is die ongeluk waarvan ek jou
Al gewaarsku het
En ek is die ongeluk waarvan ek jou

Maar wat ookal, ek was opgesweep in 'n koue sweet, emosionele parapleeg
Romanties analfabeet in 'n rofstoeigreep
Dis skokkend hoe ons almal drom om 'n ongelukstoneel
Romanties analfabeet in 'n koue sweet

Curiosidades sobre la música Rofstoeigreep del Die Heuwels Fantasties

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Rofstoeigreep” por Die Heuwels Fantasties?
Die Heuwels Fantasties lanzó la canción en los álbumes “Alles Wat Mal Is” en 2012 y “Alles Van Die Beste” en 2018.

Músicas más populares de Die Heuwels Fantasties

Otros artistas de