Ek Sou Wou [Live Op Paul Cluver]

Asemrowend, wonderwerk, vuurwerk, wie wil werk?
Die kroeg sit langs die kerk
Wie weet waar is al die gevaar, al die gevaar is daar waar al die mense kom bymekaar
Aksie, reaksie, transaksie
Aksie, aksie satisfaksie

Wie weet waar al die dooie poppe dans, die dooie poppe dans, waar al die kerke leeg staan
Wie weet waar is al die gevaar al die gevaar is daar waar al die mense kom bymekaar
Al die mense kom bymekaar
Sou jy wou sê jy was daar?

As ek wou sou ek, sê my gou
As jy sou wou, sê my nou
As ek wou sou ek, sê my gou
As jy sou wou, sê my nou

Groepsdruk, groepswoeps, muurangelier
Of nie een van die bogenoemde nie
Vasvrae, regraai, spitbraai, blaarslaai, dinge raak anti-sosiaal vir enige rondstaan, op my eie rondval
Aksie satisfaksie

As ek wou sou ek, sê my gou
As jy sou wou, sê my nou
As ek wou sou ek, sê my gou
As jy sou wou, sê my nou

Sê my, sê wat's daar

As ek wou sou ek, sê my gou
As jy sou wou, sê my nou
As ek wou sou ek, sê my gou
As jy sou wou, sê my nou

Ek sou wou voel hoe dit voel, hoe dit voel, hoe dit voel om te voel
Hoe dit voel, hoe dit voel, hoe dit voel om te voel
Hoe dit voel, hoe dit voel
Ek sou wou

Voel hoe dit voel, hoe dit voel, hoe dit voel om te voel
Hoe dit voel, hoe dit voel, hoe dit voel om te voel
Hoe dit voel, hoe dit voel
Ek sou wou

Músicas más populares de Die Heuwels Fantasties

Otros artistas de