Bietjie Meer

JOHAN OBERHOLZER

Wonder soms wat ekke reg gedoen het
Om jou hier by my te hê?
Jy's die mooiste van die vier seisoene
Die enigste gedig wat ek opsê

Elke blom kan my aan jou herinner
Elke storie wat ek lees
Elke dag raak my beheer al minder
Ek wens jy kon hier wees

Nie 'n ander een vir my nie
Niemand laat my voel soos jy nie
En alles wat ek kort kom is in jou (Is in jou)

Selfs al is jy orals om my
Kan ek nie genoeg van jou kry
En voor ek my kan help dan vra ek weer
Vir nog 'n bietjie meer

Tot die horison strek my verlange
By die mooiste ster verby
Sonder jou voel elke uur net langer
Dit was nog altyd jy

Nie 'n ander een vir my nie
Niemand laat my voel soos jy nie
En alles wat ek kort kom is in jou (Is in jou)

Selfs al is jy orals om my
Kan ek nie genoeg van jou kry
En voor ek my kan help dan vra ek weer
Vir nog 'n bietjie meer

Van jou
Om vas te hou
Om lief te hê
Hier langs te lê

Nie 'n ander een vir my nie
Niemand laat my voel soos jy nie
En alles wat ek kort kom is in jou

Selfs al is jy orals om my
Kan ek nie genoeg van jou kry
En voor ek my kan help dan vra ek weer
Vir nog 'n bietjie meer

Nie 'n ander een vir my nie
Niemand laat my voel soos jy nie
En voor ek my kan help dan vra ek weer
Vir nog 'n bietjie meer

Músicas más populares de Dewald Louw

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)