Gooi Jou Arms Om My

Jy
Lyk so mooi vanaand
Met 'n duisend kerse wat hier om jou brand
En jy
Het dit reggekry om my asem weg te slaan
Nou begin ons lewe saam

En jy gooi jou arms om my
Hou jou lyfie styf teen my
En sê jy's lief vir my
Net vir my

Ek's voor jou op my knieë
Vat jou hand in myne
Voel jy ook dieselfde?
Wees my tweede helfte

Jy
Kyk so diep deur my
Ek weet die dinge van 'n kind is nou verby
Sê my
Sal 'n duisend jaar genoeg wees om te sê
Hoe diep my liefde vir jou lê?

En jy gooi jou arms om my
Hou jou lyfie styf teen my
En sê jy's lief vir my
Net vir my

Ek's voor jou op my knieë
Vat jou hand in myne
Voel jy ook dieselfde?
Wees my tweede helfte

Jy lei my en dra my
Mag daar nooit iets wees wat ons skei
Ek sal vir altyd by jou bly

Gooi jou arms om my
Hou jou lyfie styf teen my
En sê jy's lief vir my
Net vir my

Ek's voor jou op my knieë
Vat jou hand in myne
Voel jy ook dieselfde?
Wees my tweede helfte

Ek's voor jou op my knieë
Vat jou hand in myne
Voel jy ook dieselfde?
Wees my tweede helfte

Voel jy ook dieselfde?
Wees my tweede helfte

Músicas más populares de Demi Lee Moore

Otros artistas de Afrikaans