Jou Lippe

CHRISTOPH (APPEL) KOTZE, DANNY SMOKE, JOHAN VORSTER

Ek hou jou vas maar ek kan nie klou nie
Ek kan nie glo dat jy is so stout nie
O my hart
Ek kan dit nie langer vat

Jy trek my uit met jou honger oë
Wie sou kon glo dat jy is so
O my hart
Kan nie soveel vat

Die koeël is deur die kerk
'n Mond soos daai kan vir my werk

Dis jou lippe wat dit vir my doen
Jou sagte lippe wat ek nooit wil ophou soen
Ek smelt weg in jou mond

Dis jou lippe wat gemaak is vir my
Jou lippe wat ek nie genoeg van kan kry dis jou lippe
Wat dit vir my doen

Jy maak die wild los hier binne my
Ek wil net jaag en ek gaan jou kry
O my hart (O my hart)
Wil net alles vat

Ek word oorval met 'n hoë verwagting
Ek was nog nooit so bitter kort van asem
O my hart (O my hart)
Ek weet dit is nou te laat

Die koeël is deur die kerk
'n Mond soos daai kan vir my werk

Dis jou lippe wat dit vir my doen
Jou sagte lippe wat ek nooit wil ophou soen
Ek smelt weg in jou mond

Dis jou lippe wat gemaak is vir my
Jou lippe wat ek nie genoeg van kan kry dis jou lippe
Wat dit vir my doen

Maar my grootste vrees is dat ek uit hierdie kamer uit sal stap
En nooit weer voel soos nou nie
My liefling voel soos nou nie

Want jou lippe wat my insluk jy weet niks proe soos jou nie
Jy weet niks proe soos jou nie
Maar jy het dit geweet

Dis jou lippe wat dit vir my doen
Jou sagte lippe wat ek nooit wil ophou soen
Ek smelt weg in jou mond

Dis jou lippe wat gemaak is vir my
Jou lippe wat ek nie genoeg van kan kry dis jou lippe
Wat dit vir my doen
Mmm dis jou lippe
Wat dit vir my doen

Músicas más populares de Danny Smoke

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)