Sweef soos 'n Arend

MYNIE GROVE

Sag
Sag blink jou oë
Uit jou gesig
Gloei liefdeslig

Knus
Knus in Jou arm
Heilig
Veilig
Warm

Ek het jou nodig
Hier by my heeldag
Die wêreld oorbodig
Ons twee 'n taakmag

Niks kan ons keer
Hy's in beheer
Hy's ons weerman
Stuurman
Leidsman

Sweef soos 'n arend
Want My liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son

Sweef soos 'n arend
So vêr soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Sprei
Sprei maar jou vlerke
Daar's steeds 'n band
Van hand na hand

Maak
Maak My jou toevlug
Roep My
Soek My
Spoedig

Saam is ons alles
Leef ons uitbundig
Dit wat bedoel is
Gee ons ons beste

Niks kan ons keer
Hy's in beheer
Hy's ons weerman
Stuurman
Leidsman

Sweef soos 'n arend
Want My liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son

Sweef soos 'n arend
So vêr soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag

Sweef soos 'n arend
Want My liefde dra jou so hoog
Hoog bo die son

Sweef soos 'n arend
So vêr soos die wind waai my lief
Dis liefde se mag
Dis liefde se mag

Músicas más populares de Danie Niehaus

Otros artistas de Afrikaans