Heer, U ken My

Waar sou ek gaan om van U Gees te vlug, o Here?
Waar sou ek gaan om te skuil van U aandegesig?
Klim ek op na die Hemel, U is daar
Daal ek af in die dooderyk, het U oë my reeds gewaar

O Here, U ken my
U het my gevorm
Ek loof U Here
Vir U wonderbare werke

O Heer, U ken my, U ken al my dae
In die Boek is dit alles opgeskryf

U sluit my in van agter, nie van voor
U lê U hand op my
Wil ek nog praat of dink ek net aan 'n woord?
Weet U reeds, en het U dit klaar gehoor?

O Here, U ken my
U het my gevorm
Ek loof U Here
Vir U wonderbare werke

O Heer, U ken my, U ken al my dae
In die Boek is dit alles opgeskryf

Neem ek die fleuels van die dageraad, of vlieg ek na die see?
Vra ek die duister, bedek my tog en laat die son sy glans nie keer
U is daar (U is daar)
U is daar (Altyd daar)
U is altyd daar
Ja, U liefde, U vrede, dit is tog altyd daar

O Here, U ken my
U het my gevorm
Ek loof U Here
Vir U wonderbare werke (Vir U werke)

O Heer, U ken my, U ken al my dae
In die Boek is dit alles opgeskryf (Heer U ken my)
O Heer, U ken my, U ken al my dae
In die Boek is dit alles opgeskryf

Músicas más populares de Danie Botha

Otros artistas de Gospel