Haat

Tyd om te groei
Tyd om te leer ek het klaar gebloei
Stap reguit deur, dis die enigste pad, dit beteken nie dat jy die boei
Se kettings gaan breek wat jou vas bly hou
Aan iemand wat jy net so graag wou vertrou, maar jy kan

Ek weet ek mag nie maar ek haat
Haat wat jy doen aan my
Haat die gevoel wat ek kry, hoe lank gaan dit nog daar bly?
Ek bid maar kry nie die raad nie, haat dat ons nie meer praat nie, haat dat ek jou nie haat nie

Al maande verby
Nog nie die rus vir my hart gekry
Hoe moes ek weet jy sou so gou gereed wees om aan te beweeg weg van my?

Sonder om vir ons te veg het jy
Liefde gesoek en dit weer gekry
'n Ander ek, 'n ander jy

Ek weet ek mag nie maar ek haat
Haat wat jy doen aan my
Haat die gevoel wat ek kry, hoe lank gaan dit nog daar bly?
Ek bid maar kry nie die raad nie, haat dat ons nie meer praat nie, haat dat ek jou nie haat

As jy gelukkig lyk
Tevrede sonder my
En ek hoor tranig dat jy is

Maar ek haat
Haat wat jy doen aan my
Haat die gevoel wat ek kry, hoe lank gaan dit nog daar bly?
Ek bid maar kry nie die raad nie, haat dat ons nie meer praat nie, haat dat ek jou nie haat

Haat wat jy doen aan my
Haat die gevoel wat ek kry, hoe lank gaan dit nog daar bly?
Ek bid maar kry nie die raad nie, haat dat ons nie meer praat nie, haat dat ek jou nie haat nie

Músicas más populares de Corlea

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)