Ek Vir Jou

Is dit geluk?
Is dit dalk loon uit die pogings geput?
Of die onwrikbare mosterdsaad geloof, ons rots, ons liefde
Ons vredesvesting en die sekerheid

Dis ek vir jou
En jy vir my
Ek vir jou
En jy vir my

En vir te lank
Het ek bestaan in afwesigheid van die gloed van die liefde, die lig in jou oë, kosbare glimlag
Jou hande in myne en ons begrip

Dis ek vir jou
En jy vir my
Ek vir jou
En jy vir my

So glo ek in die drome
Wat die blinde nagte aan my gee
Want wat hul aan my beloof het is die lig wat jy in my
Ontwaak het

En ons kan weet
Dat ons twee bymekaar sal wees wanneer die einde, die uiteindelike laaste nag daal
Haar mantel oor ons val
Dan weet ons steeds

Dis ek vir jou
En jy vir my
Ek vir jou
En jy vir my

Ek vir jou en jy vir my
Dis ek vir jou
En jy vir my

Músicas más populares de Chris Chameleon

Otros artistas de Pop rock