As Jy Weer Skryf
As jy weer in jou dagboek skryf
Onthou
Om die goue blaar te sien in die somerson
Of miskien die blou moederkappie
Op een van ons afwesige wandelinge
Teen Tafelberg
Ek wat my bloed vermeng het met die bloed van die son saans in Lissabon
Ek het jou saamgedra, soos 'n spieël en ek het jou geskryf op die oop bladsy
Van my treurigheid
Jou naamlose woord
As jy weer in jou dagboek skryf
Onthou
Om in my oë te sien die son wat ek nou
Vir altyd bedek
Vir altyd bedek met swart vlinders