As Jy Slaap

As jy slaap en die verdriete en selfs ons bitter liefde agterlaat
Is jy maar weer 'n argelose kind met drome wind'rig oor jou mooi gelaat
Moenie slaap nie, kyk agter die gordyne begin die dag dans met 'n pouveer in sy hoed

Ag, as die teer nag is jou arms lê en sterlig oor jou hare skyn
Is jy maar weer 'n dogtertjie weggedwaal van huis en ouers en hul soete samesyn
Moenie slaap nie, kyk agter die gordyne begin die dag dans met 'n pouveer in sy hoed

Ag, in jou slaap wil ek jou neem en aan my bors hou tot die môre wyd
Oor al die heuwels breek wil ek jou neem en terugbring van jou eensaamheid
Moenie slaap nie, kyk agter die gordyne begin die dag dans met 'n pouveer in sy hoed

Moenie slaap nie, kyk agter die gordyne begin die dag dans met 'n pouveer in sy hoed
Met 'n pouveer in sy hoed
Met 'n pouveer in sy hoed

Músicas más populares de Chris Chameleon

Otros artistas de Pop rock