Wees Nie Bank Vir Die Donker
Almal is mos bang vir 'n donker gang as jy die lig aansit dan sien jy daar is niks
In die middel van die nag hoor jy geluide hard en sag
Dis net 'n muis want hul soek kossies in die nag
Wees nie bang vir die donker want die lig woon in jou
En as dit donker word moet jy dit onthou
Die son moet ook gaan rus en die maan ook kom skyn
Wees nie bang vir die donker al is jy ook hoe klein
Partykeer as dit reën
En jy is alleen dan hoor jy iets wat loop en 'n ding wat dreun
Dis maar net 'n kat wat op die dak rond loop
En die wind waai jou gordyne want die venster is oop
Wees nie bang vir die donker want die lig woon in jou
En as dit donker word moet jy dit onthou
Die son moet ook gaan rus en die maan ook kom skyn
Wees nie bang vir die donker al is jy ook hoe klein
Liewe Jesus het die donker en die lig gemaak
Onthou Hy woon in jou as dit donker raak
En as jy in die nag in jou bedjie lê
Hy's altyd naby jou, Hy het dit self gesê
Wees nie bang vir die donker want die lig woon in jou
En as dit donker word moet jy dit onthou
Die son moet ook gaan rus en die maan ook kom skyn
Wees nie bang vir die donker al is jy ook hoe klein
Wees nie bang vir die donker al is
Jy ook
Hoe klein