Silver De Lange
Die konsertina kerm al sy verlange
In die hande van ou Silver de Lange
Hy't gespeel van die liefde, maar hy was 'n eensame man
Ja, ou Silver het die pad alleen geloop en gedwaal soos net 'n swerwer kan
Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld
Se skerpkant weg te brand
Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm man
Wat kon speel beter as 'n ander kan
As die Vyf Dagbrekers radio grammafoon speel
O, dan wonder ek baie oor jou, Silwer
Daar's so baie wat ons twee kon deel
Maar die konsertina's nou jou weduwee en jou hande het afgetree
Speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom, Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver, Silver de Lange
En kom die paaie van die ou musikante
By die kruising van die Hemel se rante
En 'n man hoef nie meer vir 'n sjieling op 'n dag te speel
En ek wonder hoe baie, baie harte
Het ou Silver in sy lewe gesteel
Maar die konsertina's nou sy weduwee
Hy't sy hart net vir haar gegee
En watter vrou het gekyk in jou oë so blou as jou vingers om die wheatstone se note vou
Wie die hartseer man
Teen haar bors getroos
Ja, die wêreld's nog dieselle, ou Silver
Hy's hard en hy's voos en hy's boos
Het jy alleen gespeel en musiek gemaak toe jou hande aan die stilte raak
Speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom, Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver, Silver de Lange
Speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom, Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver, Silver de Lange