Reendruppeltjies

Groot wolke kom nader, word drygend en swaerder dit gaan net nou spitter en spat
Die wind gaan tekere met die hoenders se vere met rooi stof word die wêreld gebad

Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies, reëndruppels vir my
Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies stoot my sorge op sy

Dit weerlig in strale en dreun vir a vale, die reëndruppels val rond en bont
Dit raas en dit kletter selfs die korrels word vetter en spierwit lê die hael op die grond

Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies, reëndruppels vir my
Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies stoot my sorge op sy

Dit sous soos dit neerstort, die damme sal vol word, die droogte het ons leer bespaar
Beslis heelwat later sal die kinders weer skater en kaalvoet in die water baljaar

Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies, reëndruppels vir my
Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies stoot my sorge op sy

Die water nat grassies en blink water plassies bewys van die skoonheid omheen
Die lande se geure en die reënboog se kleure vertel ook van die heerlike reën

Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies, reëndruppels vir my
Reëndruppeltjies, reëndruppeltjies stoot my sorge op sy

Músicas más populares de Carike Keuzenkamp

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)