Parstyd In Die Boland

Dis parstyd in die Boland, dis wyntyd in die Kaap
Met kromstaan in die wingerd word geswoeg van vroeg tot laat
Ja, parstyd in die Boland het almal aan die gons
Want dis lekker tye hierdie wat elke hart laat bons

Die druiwe word met sleepwaens van vroegdag aangery
Die kelders is oorlopens vol, die Boland is weer bly
Met die geur van Steen en Hanepoot wat swaar hang in die lug
Het ek flussies nog vir jou gesê, ek wens dis my kontrei

Dis parstyd in die Boland, dis wyntyd in die Kaap
Met kromstaan in die wingerd word geswoeg van vroeg tot laat
Ja, parstyd in die Boland het almal aan die gons
Want dis lekker tye hierdie wat elke hart laat bons

Vanaand word daar weer wyd gesels in Rawsonville se kroeg
Die manne straf die rooiwyn, daar's nog baie in die boord
Jan Balie skink net hardehout want hy is nou net moeg
Van al die kla daar in Transvaal waar die wyntjiestok nie hoort

Dis parstyd in die Boland, dis wyntyd in die Kaap
Met kromstaan in die wingerd word geswoeg van vroeg tot laat
Ja, parstyd in die Boland het almal aan die gons
Want dis lekker tye hierdie wat elke hart laat bons

Die Griesels en die Stofbergs lag van oor tot oor
Want het hul dan nie weer vanjaar net druimestok getoor
So tussen al die spoggery word rugby ook gesels
Al het die Rawsies hierdie jaar hul wedstryde verloor

Dis parstyd in die Boland, dis wyntyd in die Kaap
Met kromstaan in die wingerd word geswoeg van vroeg tot laat
Ja, parstyd in die Boland het almal aan die gons
Want dis lekker tye hierdie wat elke hart laat bons

Músicas más populares de Carike Keuzenkamp

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)