My Hond Jan

Ek het 'n stoute hondjie en sy naam is Jan
Hy hardloop agter my aan net waar ek gaan
In die soggens as ek my pantoffels wil hê
Lê hy daaraan en kou, maak nie saak wat ek sê

Ag nee Jan
Asseblief Jan
Ag nee Jan
Net nie weer Jan
Ag nee
Ag nee
Net nie weer

En dit is glad nie al, hy kou my rugby bal
Dan jaag hy weer die kat, hul gly-gly oor die mat
Ek het so hard probeer om hom maniere te leer
Hy lig nie eers sy oor as hy hierdie liedjie hoor

Ag nee Jan
Asseblief Jan
Ag nee Jan
Net nie weer Jan
Ag nee
Ag nee
Net nie weer

Hy hardloop oor die straat as hy die posman daar hoor praat
En ek kan maar roep, hy skeur elke dag sy broek
Maar ag hy is so oulik, al is hy bietjie stout
Hy lyk tog al te jammer as hy weet dit was sy fout

Ag nee Jan
Asseblief Jan
Ag nee Jan
Net nie weer Jan
Ag nee
Ag nee
Net nie weer

Dit is die storie, van my hond Jan
Vir my wolhaar vriendjie, doen ek alles wat ek kan
Ons twee bly saam, net ek en Jan
En hy gaan altyd met my saam, net waar ek gaan

Ag nee Jan
Asseblief Jan
Ag nee Jan
Net nie weer Jan
Ag nee
Ag nee
Net nie weer

Ag nee Jan
Asseblief Jan
Ag nee Jan
Net nie weer Jan
Ag nee
Ag nee
Net nie weer

Músicas más populares de Carike Keuzenkamp

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)