Mans Is Almal Cowboys
Regop in sy motor soos 'n cowboy op sy perd
Die draai van al die koppe maak die prys die moeite werd
Die een oog op die mense die ander in die spieël
Sy krag lê in die engin sy hart in elke wiel
Mans is almal cowboys
Almal goed gestaan
Hulle ry die wêreld
Sonder toom of saal
Mans is almal cowboys
Elkeen 'n cool kalant
Maar die staal smelt spoedig
In 'n vrou se hand
Terug in sy kantoor sit hy sy voet parmantig neer
Hy neem die groot besluite, hy's volkome in beheer
Die dame met die mini maak hy stilweg vir hom groot
Want diep in sy verbeelding sit sy môre op sy skoot
Mans is almal cowboys
Almal goed gestaan
Hulle ry die wêreld
Sonder toom of saal
Mans is almal cowboys
Elkeen 'n cool kalant
Maar die staal smelt spoedig
In 'n vrou se hand
Mans is almal cowboys
Elkeen 'n cool kalant
Maar die staal smelt spoedig
In 'n vrou se hand