Ma Se Barbiepop

Met my pienk lippies en my pienk naeltjies is ek reg vir dorp toe te gaan
Met my pienk rokkie en my pienk skoene vra ek mamma, kom jy saam

Ek is ma se barbiepop, ons kuier in die koffie-shop
Kan ek maar 'n pizza kry en 'n pienk melkskommel net vir my
Ek is ma se barbiepop, ons kuier in die koffie-shop
Rooibos tee en 'n wortelkoek, dis presies wat ek nou soek

Met my pienk handsak en my pienk beursie is ek reg vir dorp toe gaan
Met my pienk sonbril en my pienk wange vra ek mamma, kom jy saam

Ek en ma gaan winkels toe, ons albei pas pienk skoene aan
Ma koop 'n mooi nuwe rok, en ek kry 'n pienk strepies top
Ek is ma se barbiepop, ons kuier in die koffie-shop
Ons het sommer saam besluit, dis groot pret ons gaan gou weer uit

Ek is ma se barbiepop, ons kuier in die koffie-shop
Ons het sommer saam besluit, dis groot pret ons gaan gou weer uit

Músicas más populares de Carike Keuzenkamp

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)