Herder Van My Hart
Skepper wat
My hart besit
U weet ek
Is U kind
U ken my siel
Se duister wee
U hoor my
As ek bid
En is dit
Donker om my
Soek ek my lewenspad
Vertrou ek U
Herder van my hart
Jesus wat
My kruis kom dra
Hoe groot is U
O Heer
U liefde dra
My dag na dag
Vergeef my
Keer op keer
En is ek
'n Verdwaalde
Wat in sonde sirkels dwaal
Vind U my weer
Herder van my hart
U's die wapen
Van my lewe
Wat geen prys of rede vra
Ek kan rus hier
In U arms
Dis U liefde
Wat my dra
En as die
Koue winde
Teen my siel se vestings waai
Vertrou ek U
Jesus van my hart
Gewer van
My lewenskrag
Ek leef vir U
Alleen
Want skenk U my
Nie dag na dag
Die rykdom van U seun
En as ek
In die donker
Op my Heer se roepstem wag
Dan vrees ek nie
Jesus van my hart
U's die wapen
Van my lewe
Wat geen prys of rede vra
Ek kan rus hier
In U arms
Dis U liefde
Wat my dra
En as die koue winde
Teen my siel se vestings waai
Vertrou ek U
Jesus van my hart
Ek vertrou op U
Jesus van my hart