Dis My Mamma
Daar is iemand so spesiaal vir wie ek graag wil sing
As ek dit kon doen sou ek haar 'n duisend blomme bring
Dis my mamma sy's liefdevol en gaaf met my
Dis my mamma by wie ek altyd drukkies kry
Dis my mamma
Daar is iemand so spesiaal ek stuur vir haar 'n soen
En 'n briefie wat dankie sê vir alles wat sy doen
Dis my mamma sy's liefdevol en gaaf, met my
Dis my mamma by wie ek altyd drukkies kry
Dis my mamma
Daar is iemand so spesiaal met wie ek alles deel
Daar is altyd tyd vir my vir lag gesels en speel
Dis my mamma sy's liefdevol en gaaf met my
Dis my mamma by wie ek altyd drukkies kry
Dis my mamma
Daar is iemand so spesiaal wat my van Jesus leer
Leer van liefhê en om te gee, vergewe weer en weer
Dis my mamma sy's liefdevol en gaaf, met my
Dis my mamma by wie ek altyd drukkies kry
Dis my mamma