Daar's 'n Dierbare Kruis
Daar's 'n dierbare kruis, waar my heiland bewys
Die liefde wat hy vir my het
Daar is alles voldaan, en die vyand verslaan
Daar word ek van sonde gered
By die kruis, by die kruis wil ek bly (Wil ek bly)
Tot die stryd hier benede is volstry
Tot ek eens in die Hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met 'n kroon
O, die dierbare kruis, waar die uiterste prys
Deur kosbare bloed is betaal
Daar is smarte gelyk, en versoening verkry
Waar Jesus oorwinning behaal
By die kruis, by die kruis wil ek bly (Wil ek bly)
Tot die stryd hier benede is volstry
Tot ek eens in die Hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met 'n kroon