Wat Geld Nie Kan Koop Nie
As jy wonder hoe ek voel
Want ek sê dit nie genoeg nie
Soms sê 'n man te veel
Maar nie wat hy bedoel nie
Dan kyk ek net na jou
Jy wat my regop hou
En ek sien wat jy werd is
Daar is soveel wat ek wil sê
Wat ek nie altyd wys nie
Ek hoop dat jy kan sien
Wat ek nie kan beskryf nie
Dan kyk ek in jou oë
Dis jy wat in my glo
En ek weet wat jy werd is
Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou
Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie
Wanneer tye moeilik raak
En ek dit nie verstaan nie
Is jy my regterhand
Wat my nie sal laat gaan nie
Dan kyk ek weer na jou
Jy wat my staande hou
En ek sien wat jy werd is (Werd is, werd is)
Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou
Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie
Want ek gaan op my knieë elke dag
Ek sê dankie vir als wat jy is
Soveel meer as wat ek voor kon vra
Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou
Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou (Kry ek by jou)
Wat geld nie kan koop nie
(Geld nie kan koop nie, woorde nie sê nie)
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat die oog nie kan sien nie (Wat die oog nie kan sien nie)
En jy nie altyd voel nie (Nie altyd voel nie)
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie