Vlieg Vanaand

Die foto teen my muur is nog daar
Daar waar jy hom laas gehang het
Teen die muur en teen my hart
Herinneringe klou aan my
Aan en aan totdat ek nie meer kan gaan nie
Ek kan dit nie verstaan nie, ek moet bly

Die donkerder waarheid maak my seer en dit is nie die eerste keer
Die woorde in my kop kan ek nie keer

Dit voel of ek kan vlieg vanaand
Die hemel raak
'n Ketting van die sterre maak
My vlerke sprei
'n Klippie op die maan vir jou gaan kry
Dit voel of ek kan vlieg vanaand
Die hemel raak
Vir almal wys ek het 'n fout gemaak
Vergewe my
Dit alles sal ek doen om jou terug te kry
Terug by my

Daar's silhouette teen my muur
Van elke oomblik
Elke uur wat ons gedans het deur die nag
Die datums eggo in my kop
Die dae het so lank geword
Vandat jy weg is
Ek het gemaak of alles reg is hier by my

Die donkerder waarheid maak my seer
En dit is nie die eerste keer
Die woorde in my kop
Kan ek nie keer

Dit voel of ek kan vlieg vanaand
Die hemel raak
'n Ketting van die sterre maak
My vlerke sprei
'n Klippie op die maan vir jou gaan kry
Dit voel of ek kan vlieg vanaand
Die hemel raak
Vir almal wys ek het 'n fout gemaak
Vergewe my
Dit alles sal ek doen om jou terug te kry
Terug by my

Tyd laat my nou terug verlang
My hart is seer dit raak nou lank
Die Hemel weet hoe ek verlang na jou

Dit voel of ek kan vlieg vanaand
Die hemel raak
'n Ketting van die sterre maak
My vlerke sprei
'n Klippie op die maan vir jou gaan kry
Dit voel of ek kan vlieg vanaand
Die hemel raak
Vir almal wys ek het 'n fout gemaak
Vergewe my
Dit alles sal ek doen om jou terug te kry
Terug by my

Músicas más populares de Bobby Van Jaarsveld

Otros artistas de