Annatjie

Ek sit en wonder wat van jou geword het
Is jy oraait want jy spook by my?
Hoe kon ons dan so vinnig groot geword het
Dit voel dan net soos gister hier by my

Die maan skyn so helder
Op hierdie stukkende bokskitaar
Hoe kon ek jou vergeet het
Want jy was altyd daar

Kom drink vanaand 'n koffie
Kom kuier weer by my
Soos in die ou dae as ons illegal met jou pa se kar gaan ry
Kom help my met daai lovesong
Wat ek nog klaar moet skryf
Oor die girl wat ons so mal gehad het
Ons het altyd oor Annatjie baklei

As jy sing het ek vir jou geluister
Al was jy vals was dit nogals mooi
En hoeveel keer moes ek antwoorde fluister
En elke Maandag 'n nuwe verskoning hoor

Die maan skyn so helder
Op hierdie stukkende bokskitaar
Hoe kon ek jou vergeet het
Want jy was altyd daar

Kom drink vanaand 'n koffie
Kom kuier weer by my
Soos in die ou dae as ons illegal met jou pa se kar gaan ry
Kom help my met daai lovesong
Wat ek nog klaar moet skryf
Oor die girl wat ons so mal gehad het
Ons het altyd oor Annatjie baklei

Dit was verkeerd maar ek sou alles oor wou hê
Ook die jaar toe die Hoërskool ons by die matriekafskeid weg sê

Kom drink vanaand 'n koffie
Kom kuier weer by my
Soos in die ou dae as ons illegal met jou pa se kar gaan ry
Kom help my met daai lovesong
Wat ek nog klaar moet skryf
Oor die girl wat ons so mal gehad het
Ons het altyd oor Annatjie baklei

Iemand stuur vir jou groete
Dit is Annatjie
Sy sit hier langsaan my

Músicas más populares de Bobby Van Jaarsveld

Otros artistas de