Die Wals Van Die Lewe

Ja die hartseer lê vlak in haar oë
Sy't die langpad tot hier toe geloop
Sy soek iemand waarin sy kan glo
Sy't haar siel soveel keer al verkoop

Sy ken elke draai van die lewe
Sy't deur vuur en oor berge geloop
Sy's mooi en sy vra bietjie liefde
Met haar glimalg vol hartseer en hoop

En sy dans die wals van die lewe
En die wals vertel haar verhaal
Sy vra aanvaarding en liefde
Sy't die prys soveel keer al betaal

Dis laat in die nag en dis donker
Deur die stilte weerklink nog die wals
En die een, twee, drie stadige ritme
Laat haar weer baie ver terug verlang

Ja sy ken elke draai van die lewe
Sy't deur vuur en oor berge geloop
Sy's mooi en sy vra bietjie liefde
In haar glimalg lê hartseer en hoop

En sy dans die wals van die lewe
En die wals vertel haar verhaal
Sy vra aanvaarding en liefde
Sy't die prys soveel keer al betaal

Músicas más populares de Bobby Angel

Otros artistas de Crooner