Liefde Is Blind

Net soos die gat in my siel as die balk in my oog my splinter
Voel ek leeg as ek sien hoe my plek in jou hart verminder
Maar kyk hoe waai die blare in die winter
Van die boom afval maak dit plek waar dit sal vernugter

As almal vir my fluister
Hoor ek as ek luister

Jy hoor net wat jy wil die klanke as jy gil erken wat jy verdien, maak jou oë oop en sien
Liefde is blind verlore soos 'n kind, ah, ah

Daar's 'n wolk in die lug as die spies in my rug my plunder
Is daar hoop ek is terug ek sal die pyn verminder
Maar kyk hoe brand die vuur verblind my sigte
As die skuld omwaai sal die wind verdraai in rigting

As almal vir my fluister
Hoor ek as ek luister

Jy hoor net wat jy wil die klanke as jy gil erken wat jy verdien maak jou oë oop en sien
Liefde is blind verlore soos 'n kind, ah, ah

Gee my genade, sal jy by my bly, sal jy by my bly
En ek weet dit bring net skade, sal jy by my bly, sal jy by my bly

Jy hoor net wat jy wil die klanke as jy gil erken wat jy verdien maak jou oë oop en sien
Liefde is blind verlore soos 'n kind, ah, ah (Oë oop, oë oop, oë oop, oë oop)
Ah (Sal jy by my bly, sal jy by my bly) (Oë oop, oë oop, oë oop, oë oop)

Músicas más populares de Alter Ego

Otros artistas de Acid house