Kalmeer
Deur al die jare is ons so geseën
Nog altyd hoop aan die toekoms verleen, maar ek's dik in die oë
Ek soek maar niks maak sin op die oomblik
Dit voel onwerklik dat ons nou hier is
Soveel liefde, het ek iets gemis, dit voel bekend hierdie oomblik
Ek het jou nodiger as ooit op die oomblik
Ons trek nou swaar
Ons was al daar
Ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak
Ons trek nou swaar
Maar ons was al daar
Lewenslesse daar uit geleer, sterker weer terug gekeer
Trek in, word stil, kalmeer
Vir hoe lank moet ek verskoning vrae? (Verskoning vrae)
Vir hoe lank moet ek dié kruis nog dra, help my deur hierdie oomblik
Liefde is al wat my kan dra op die oomblik
Ons trek nou swaar
Ons was al daar
Ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak
Ons trek nou swaar
Maar ons was al daar
Lewenslesse daar uit geleer, sterker weer terug gekeer
Trek in, word stil, kalmeer
Ons was al hier deur
En ons het sterker geraak
Die tyd het geleer
Dat ons dit hier uit sal maak
Word stil en kalmeer
Trek in en kalmeer
Ons trek nou swaar
Maar ons was al daar
Ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak
Ons trek nou swaar
Maar ons was al daar (Ons was al daar)
Lewenslesse daar uit geleer, sterker weer terug gekeer
Trek in, word stil, kalmeer