Want Jy Is Boer
Mag dit reën waar jou beeste wei
Mag dit goed gaan met jou
En mag jou skape begin jakkals jag
Mag jou koring silos bou
En mag jou lister-pomp met water werk
Mag jou cruiser lig op brandstof wees
Mag jou heinings altyd regop staan
Mag jou vee vanself genees
Want jy is boer hierdie is my wens vir jou
Jy sal staan as alles om jou vou
Jy sal plant al is die reën te laat
En glo in die hand van bo
Wat alles weer nat sal maak
Want jy is boer
Jy is boer
Want jy is boer
Jy is boer
Jy sal opstaan in die more voor die son op kom
En werk tot hy weer loop sak
Daarna is jy 'n familie man
Onder 'n platteland sterredak
Mag jou vrugtebome kromrug dra
Mag fonteine om jou lande lê
En mag ons wat honger en dors is
Net so bietjie vir jou dankie sê
Want jy is boer hierdie is my wens vir jou
Jy sal staan as alles om jou vou
Jy sal plant al is die reën te laat
En glo in die hand van bo
Wat alles weer nat sal maak
Want jy is boer (Jy is boer)
Jy is boer (Jy is boer)
Want jy is boer (Jy is boer)
Jy is boer
Mag jy vakansie hou as jy klaar is
Met jou huisie by die see
Waar jy so bietjie rus kan kry
As jy moeg is van al die gee
Want jy is boer hierdie is my wens vir jou
Jy sal staan as alles om jou vou
Jy sal plant al is die reën te laat
En glo in die hand van bo
Wat alles weer nat sal maak
Want jy is boer (Jy is boer)
Jy is boer (Jy is boer)
Want jy is boer (Jy is boer)
Jy is boer
Want jy is boer