Waidmannsheil

Die winter stoom hang laag op die rivier
Ek ruik die putu pap wat bruin aan brand
In my sak het ek ‘n chose of Rogers
En my vellies stap stil spore in die sand

My ou boesem maat hang hier op my skouer
Hy ken sy rusplek hier styf teen my sy
Waidmannsheil uitgekerf op sy loop
Ek vir hom en hy vir my

Waidmannsheil dis hoe ons mekaar dan groet
Waidmannsheil daar’s ‘n tak hier in my hoed
Waidmannsheil waidmannsdank

My hand sag op ‘n Mauser aksie
My versier hang stil in die wind
My hart klop en my asem rustig
Tot die rondte sy teiken vind

My oë is nat en my keel is droog
Toe ek die takkie op sy wond neerlê
Ek die jagter het net die woorde
Waidmannsheil vaarwel kom sê

Waidmannsheil dis hoe ons mekaar dan groet
Waidmannsheil daar’s ‘n tak hier in my hoed
Waidmannsheil waidmannsdank

Waidmannsheil dis hoe ons mekaar dan groet
Waidmannsheil daar’s ‘n tak hier in my hoed
Waidmannsheil waidmannsgroet

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)