Skilpadtepel

Hy was die baas van ‘n dorperplaas
Met die naam van Skilpadtepel
Maar die reën bly weg, sy skape vrek
Hy vat sy vrou na ‘n ander plek
Hy was die baas van ‘n verlate plaas
Met die naam van Skilpadtepel
In die hartjie van die Boesmanland
Waar die son ‘n Christen in die hel in brand
Hy bid vir reën, mag God hom seën hierdie jaar

En hy bid vir die Here
Wat die Hemel en sy dorpers gemaak het
En met gebuigde knieë
Voor ‘n droë krip gaan staan hy

O en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel
En sy koring kom, sy Gannatjies blom
Ja en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel
En sy koring kom, sy Gannatjies blom
Daar op Skilpadtepel

Hy drink sy Olof Bergh, nou met regte Coke
Hy braai sy skaap op doringhout
Sy veld loop geil van die tweeling lam
Want daar onder op sy plaas staan ‘n oorvol dam

Ja en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel
En sy koring kom, sy Gannatjies blom
O en hy lag, want dit reën mos op Skilpadtepel
En sy koring kom, sy Gannatjies blom
O en hy lag, want dit reën mos op Skilpadtepel
En sy koring kom, sy Gannatjies blom
O en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel
En sy koring kom, sy Gannatjies blom
Daar op Skilpadtepel

Curiosidades sobre la música Skilpadtepel del Adam Tas

¿Cuándo fue lanzada la canción “Skilpadtepel” por Adam Tas?
La canción Skilpadtepel fue lanzada en 2013, en el álbum “'n Spesiale Aand Met Adam Tas”.

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)