Scotty Smith (Poliesman Kan My Nie Vang Nie)

En ons koning van die ou Kalahari Scotty Smith was ‘n perde dief
Robin Hood van die rooisand duine maar die mense was vir hom so lief
Hy het gesteel by elke liewe ryk man vir die arm man hulp gegee
En die weduwee se kruin was oorloop vol en die polisieman was verleë

Hy was koning in die ou Kalahari en ‘n blink klip smokkelaar
Scotty Smith was meer as ‘n legende ses voet ses sonder een bang haar
Maar hy’t nooit sy woord gebreek nie al was dit ook hoe swaar
Geen tronk kon hom binne hou nie dis die geskiedenis raar maar waar

Poliesman kan my nie vang nie
Poliesman kan my nie vang nie
Al wat die polisieman sien is die laaste van ‘n blik kantien
So 'n stukkie van die stert van Scotty se perd oor die kruin in die son verdwyn

Hy was koning van die ou Kalahari Scotty Smith was ‘n perde dief
Robin Hood van die rooisand duine maar die mense was vir hom so lief
Hy was skerper as die res daar buite en die man wat aan die buitekant staan
Scotty Smith was ‘n legende hy’t sy weg teen die grein gebaan

Poliesman kan my nie vang nie
Poliesman kan my nie vang nie
Al wat die polisieman sien is die laaste van ‘n blik kantien
So 'n stukkie van die stert van Scotty se perd oor die kruin in die son verdwyn
So 'n stukkie van die stert van Scotty se perd oor die kruin in die son verdwyn

Poliesman kan my nie vang nie
Poliesman kan my nie vang nie
Al wat die polisieman sien is die laaste van ‘n blik kantien
So 'n stukkie van die stert van Scotty se perd oor die kruin in die son verdwyn
So 'n stukkie van die stert van Scotty se perd oor die kruin in die son verdwyn

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)