Ligtoringman

Hul begrawe my halflyf bo die hoogwater merk
En kap albei my hande af want hulle’t nou klaar gewerk
O en gooi vir my ‘n dop o met drie blokke ys
En kom sit hier langs my laat ek jou die saligheid kan wys

Ek het jare lank vir die man moes werk
Vir ‘n paycheck en ‘n mooi somer
My belasting betaal maar die keiser was kaal
En hy het alles uitgemors terwyl die mense van my land
Loop en vrek van die dors

Vra die ligtoringman of hy sy mishoring sal blaas?
Want daar’s klippe in die water en my skippie dobber skaars
Vra die ligtoringman of hy sy kers vir my sal skyn?
Want daar’s meermin in die waters en spoke in my wyn

Ek kluis my ou harte en begrawe hom in die sand
Sodat geen kaart of mens ooit weer daar sal land
En ek drink my sopie stadig soos die son sak oor die see
En ek wag vir spring gety om my spore weg te vee

Daar’s ‘n donkerwolk op die horison daar lê silwer om sy rand
Die seisoene draai soos haaie om jou maag se wand
En ek vra om vergifnis vir die dade wat ek pleeg
Want ek’s net bloed en vlees

Vra die ligtoringman of hy sy mishoring sal blaas?
Want daar’s klippe in die water en my skippie dobber skaars
Vra die ligtoringman of hy sy kers vir my sal skyn?
Want daar’s meermin in die waters en spoke in my wyn

Vra die ligtoringman of hy sy mishoring sal blaas?
Want daar’s klippe in die water en my skippie dobber skaars
Vra die ligtoringman of hy sy kers vir my sal skyn?
Want daar’s meermin in die waters en spoke in my wyn

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)