Die Laaste Kitaar Op Aarde

Die gety het gebloei
Soos die laaste soldaat
Alleen deur sy makkers
Op die slagveld gelaat

Waar die bees spoor paadjies doodloop
Op die kruin van die hoogste duin
Ruik ek buskruit en brandewyn
In die gate van ‘n Remmington magasyn

En dis hier waar vader-tyd
Sy tabernakels kom bou
En hy skaaf hom uit met die wind en die weer
Om vir jou ou bietjie mens
Net so ietsie van geduld te leer

O kom dans op die wals van die laaste kitaar op aarde
Lig jou glas my broer en sê jou dankies vir al die genade
Kom dans op die wals van die laaste kitaar op aarde
Lig jou glas my broer en sê jou dankies vir al die genade

Ons sal ons kinders mos eendag
Hiervan moet vertel
Hoe ons wou dans in die ruins
Van die Courtyard Hotel

Maar agter die koue ysters
Van die oorlog masjien
Het ek die kaal kake
Van hierdie dier gesien

Maar toe alles verby is
En die dagtes en die dooies lê
Hoor ek die ritsel in die blare
Van die laaste kitaar op aarde

O kom dans op die wals van die laaste kitaar op aarde
Lig jou glas my broer en sê jou dankies vir al die genade
Kom dans op die wals van die laaste kitaar op aarde
Lig jou glas my broer en sê jou dankies vir al die genade
Die laaste kitaar op aarde

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)